
KALAHARI BRUIDSKOU 2010
Met trots stel ons die Noord-Kaap se eerste Bruid Expo bekend. Die Kalahari Bruidskou is die eerste van sy soort wat in Upington gehou sal word. Die Bruidskou is ‘n eerste vir Linx Graphics en ons beoog om hierdie expo ‘n sukses te maak en instelling elke jaar. Die bruidskou bied professionele advies vir alle areas vir beplanning vir die reel van ‘n troue en selfs enige funksie. Maak nie saak op watter stadium van die beplanning nie, of watter begroting of smaak nie, die Expo bied almal, alles wat hulle nodig het om hierdie groot dag te beplan.
WAAR EN WANNEER: Hierdie glansgeleenheid strek oor 2 dae, Vrydag 30 Julie 2010 en Saterdag 31 Julie 2010 te Hoerskool Duineveld Suidsaal, Upington.
UITSTALLERS: Daar sal ongeveer 27 uitstallers onderdak wees wat onder andere sal insluit Ontwerpers, Mans uitrusters, Juwele, Skryfbehoeftes, Fotograwe, Skoonheid en grimering, Dames uitrusters, en nog vele meer.
HANDELSURE Die expo skop Vrydag oggend af om 09:00 en eindig Saterdagaand na die laaste vertoning met die gaskunstenaar.
AKTIWITEITE Die twee dae is gepak met opwindende aktiwiteite: Ons hekke open Vrydag oggend 30 Julie om 09:00 Ons eerste aktiwiteit om 10:00: ‘n Dames tee gehou onder ‘n pragtige tent (stretch tent) waar Duineveld se hotelskool die Koffie shop sal behartig en koffie, tee en verversings sal te koop aangebied word. Carina Franck , CEO Nimue Skin Technology INT & Kalahari Spa asook Gas Spreker,kom maak met trots haar nuwe Kalahari Spa produktereeks met hierdie geleentheid bekend. Kalahari Bruidskou voel ge-eerd met die bekendmaking van hierdie eksklusiewe produk, eerste in ons omgewing. Dames moet bespreek om haar praatjie: Inspirasie , hoop en ‘n droom wat werklikheid geword het, by te woon. Slegs 80 sitplekke is beskikbaar. Fantastiese gesenkbewyse sal uitgegee word met die koop van ‘n Beads Project Bracelet, alles ten bate van liefdadigheid. Reg deur die dag sal verskillende modevertonings gehou word, ( en nie net vir die dames nie!). Musiek deur plaaslike talent sal die skougangers vermaak. Praatjies, Werkswinkels, kompetisies, geskenkpakkies en hope pryse te wen, en dis nie al nie. Kom wees deel van verskeie make-overs, propvol wenke vir elke vrou. ‘n Koffie winkel met verversings deur Duineveld se Hotelskool asook middagetes sal aangebied word. 2 aande met modevertonings en gaskunstenaars. Asook al die uitstallers natuurlik. Kom bederf jou vriende of beste kliente Vrydagaand 30 Julie 2010 met ‘n 3 gang maaltyd en modevertoning aangebied deur gaskunstenaar Tobi Jooste. Gaste sal onthaal word en aansit by pragtige gedekte tafels wat deur verskillende borge mooi gemaak en bedien word met ‘n smaaklike ete wat voorgereg, hoofgereg en ietsie soets vir nagereg insluit. Gratis Vonkelwyn en van ons beste plaaslike wyne sal beskikbaar wees om die “onthaal” gevoel te gee aan hierdie glansaand. Vir hierdie aandgeleentheid sal ons gaste wonderlike geskenke deur ons verskeie borge ontvang. Kaartjies sal slegs op bespreking beskikbaar wees. Tafels se koste beloop R2000 per tafel (vir 10 persone) Saterdagaand 31 Julie 2010 sal jou gasheer die opwindende Giovanni van Supersterre 3 wees. Moenie hierdie talentvolle jongman misloop nie. 3 modeontwerpers wys hul beste werk met hierdie geleentheid. Slegs 250 sitplekke beskikbaar. Kaartjies slegs met bespreking - Kaartjieprys: R70 per persoon
KAARTJIES BESKIKBAAR: DAG BESOEKERS = 09:00 – 17:00. Vrydag en Saterdag Dagbesoekers kan verskeie vertonings, werkswinkels, en stalletjies geniet. Kaartjies by die hekke beskikbaar @ R30 per persoon. Alle besprekings en gaskunstenaar kaartjies beskikbaar by Kodak Express, Pick a Pay Sentrum , Upington.
Book early and make sure you don’t miss out.
Date: 30 -31 July 2010
Info & Bookings: www.makiti.info